Magazines

Digital Magazine Articles 

Outputs included research, building interview questions, conducting interviews, narrative, copywriting, editing and (occasionally) photography.

Intiem

Intiem is a niche magazine which is focused on married, heterosexual, long-term couples. The content revolves around topics that keep relationships robust, happy and healthy. Translated, the word 'intiem' means 'intimacy'. The printed version switched to digital-only in 2018.
The website receives more than 60 000 unique visitors per month.

Platform: Print (up to 2018) and digital


Intiem Digital Articles

Magazine Article Writing | Intiem | Wanneer seksuele perspektiewe verskil...

Magazine Article Writing | Intiem | Wanneer seksuele perspektiewe verskil...

Op die oog af lyk Suzanne en Deon soos die ‘perfekte paartjie’, maar in werklikheid gaan dit nie altyd so goed nie. Seksueel is daar dramatiese verskille . . .

Hulle het deur ’n gemeenskaplike vriend ontmoet toe Suzanne 16 was. Deon was 21. “Ek was 20 en Deon 26 toe ons uiteindelik begin uitgaan het. Soos enige jong en naïewe paartjie het ons soms gesukkel om balans te vind. Ek het ’n paar disfunksionele verhoudings oorleef.” Sy was Deon se eerste ernstige meisie.
Magazine Article Writing | Intiem | “Ek raak verlam . . . vyf maande voor ons troudag”

Magazine Article Writing | Intiem | “Ek raak verlam . . . vyf maande voor ons troudag”

Trudie (toe 25) was nie so gelukkig nie. Sy het traumatiese nek- en rugbeserings opgedoen. “Ek het dadelik geweet my nek is gebreek en ek is verlam.” Vyf maande voor hul troudag het Trudie (32) en Neels (32) Visser se verhouding onherroeplik verander. Die paartjie het vir ’n naweek weggebreek om by vriende te gaan kuier en almal was saam in die kar op pad na hul vriende se huis.

Trudie was vir 17 dae in die hoësorgeenheid by Unitas Hospitaal in Pretoria. Sy was totaal verlam van haar skouers af
Magazine Article Writing | Intiem | Soos Hannah voor God se voete

Magazine Article Writing | Intiem | Soos Hannah voor God se voete

Ongeveer 15% van Suid-Afrikaanse paartjies ervaar fertiliteitsprobleme, wat dokters verduidelik as die onvermoë om swanger te word – of om ’n vrou suksesvol te bevrug – binne die tydperk van een jaar. Behandeling is duur en toon lae suksessyfers. ’n INTIEM-leser vertel hoe haar huwelik vir tien jaar die aanslag van infertiliteit moes deurstaan.

Elize (39) en Theo (41) het as studente in Pretoria ontmoet en mekaar vir tien jaar geken voordat hulle in 2002 getroud is. Hulle het reeds vroeg in die
Magazine Article Writing | Intiem | Rose is nie die enigste roete tot romanse nie

Magazine Article Writing | Intiem | Rose is nie die enigste roete tot romanse nie

Dit maak nie saak vir hóé lank julle al saam is nie – daar is beslis dele van jou maat wat jy steeds nie ken nie. “Ons interpreteer die wêreld, en ook ons verhoudings, op grond van sekere aannames,” sê Carien du Toit, ’n sielkundige en huweliksterapeut wat in Imago-terapie spesialiseer. “Kortliks: We don’t see things as they are, we see things as we are.”

Dis date night. Dis Dinsdag. Dinsdagaande om seweuur gaan eet julle by die naaste restaurant. Dinsdag na Dinsdag. Week na week. Gaap. “Moenie
Magazine Article Writing | Intiem | “Ons huwelik het ’n affair oorleef”

Magazine Article Writing | Intiem | “Ons huwelik het ’n affair oorleef”

Of jy nou vir drie maande of vir 30 jaar getroud is, jou huwelik is ongelukkig nooit immuun teen die aanslae van ’n buite-egtelike verhouding nie. Twee INTIEM-lesers vertel hulle hartroerende stories, maar sê ook dat God hul huwelike vernuwe en gered het.

Op papier was Nelize (25) en Benna (28) Joubert se huwelik in ’n sprokiesboek geskryf. Hulle het egter baie vinnig ná die troue besef dat die idee van happily ever after baie anders is in realiteit.

“Ons troue was die perfekte dag, gevolg deu

Taalgenoot

Taalgenoot is the official quarterly cultural magazine of the Afrikaans Language and Culture Association (ATKV). Loosely translated, 'taalgenoot' means 'language partner'. The publication offers articles about the Afrikaans language, culture and lifestyle, and aims to be liberal and inclusive.

Platform: Digital & Print